lekkernye
Gebakte kaaskoek
Storie: Ons albei is vreeslik lief vir gebakte Kaaskoek, ongelukkig kon ons nog nie so iets in China kry nie. Ons het dus 'n resep gesoek wat nie te veel cream cheese bevat nie want dit is baie duur hier. Dit was Suané se 24ste verjaarsdag koek!
Kors:
1 en ½ koppies koekies van keuse
¼ koppie suiker
74g (5 EL+1 TL) gesmelte botter
Knippie sout
Filling:
2 koppies (454g) cream cheese
2 eiers
152g suiker
1 teelepel vanilla
​
Maak kors deur al die bestandele te meng.
Druk die kors op die bodem en aan kante van ‘n oondbak
Meng cream cheese en suiker tot glad, voeg eiers en vanilla by en meng goed.
Gooi die filling oor die kors en bak in die oond vir 30min.



Maklike Plaatkoekies
Storie: Plaatkoekies is ons go-to resep vir 'n lekker ontbyt bederfie. Ons het al baie resepte probeer, maar die een gebruik die minste bestandele en maak die plaatkoekies lekker "fluffy".
Bestandele:
​
1 en ½ koppie meel
3 en ½ teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 eetlepel wit suiker
1 en ¼ koppie (312ml) melk
1 eier
​
Metode:
​
Meng droë en nat bestandele appart.
Voeg die twee mengsels bymekaar en meng deeglik tot daar geen klonte is nie.
Bedek pan se bodum met olie en wag tot die olie warm is. Gooi deeg versigtig in die grootte plaatkoekies wat jy wil he en bak tot klein borreltjies gesien word, flip dan die plaatkoekie om en bak ander kant.
​



Oats en piesang Pannekoek
Storie: Na 'n paar oggende van gewone oats eet het Le Roux bietjie kreatief geraak toe hy die oorruip piesangs in die hoekie sien le. Dit is tans nou een van Suané se gunsteling ontbyt resepte.
Bestandele:
​
-
30g Oats
-
1 piesang
-
1 eier
-
1 eetlepel kakao (opsioneel)
-
+- 1 eetlepel olie vir die pan
-
3 eetlepels water
Instruksies:
​
Druk die piesang fyn, gooi eier by en meng goed. Voeg dan die oats en kakao by en meng.
Verhit die pan en gooi olie in om bodem te bedek. Gooi die mengsel versigtig in die pan. Gooi water teen die kante van die pan en sit die deksel op, laat stoom.
As die water weggekook is, flip die pannekoek om en braai aan ande kant tot gaar.
Bedien met heuning of iets van eie keuse.


Storie: Dit is veilig om te se dat die resep my (Suané) en my woonstelmaat op universiteit (Inell) se ultimate favorite is en was. Dit was basies ons stapelvoedsel in die winter...okay in die somer ook. Ons het dit toe in Potchefstroom gedoop as INSU se melkkos.
Bestandele:
​
-
2 liter melk
-
310ml koekmeel
-
3 ml sout
-
45ml botter
-
5ml Vanilla
-
Kaneelsuiker om voor te sit
-
​
Instruksies:
​
Verhit die melk en vanilla in ‘n groot pot/kastrol op die stoof.
Terwyl die melk warm word, vryf die botter in die meel en sout in met vingers tot dit fyn klontjies maak.
Gooi die meel stadig in as die melk begin kook en klits goed. Draai die plaat op ‘n lae hitte en laat prit vir 10min.
Skep in bakkies en strooi kaneelsuiker bo-oor.
piesang brood
Storie: Vanoggend was een van daardie oggende wat ons nie lus was vir enige iets met oats nie. Daar was wel twee oorruip piesangs, toe kom die idee in my kop...PIESANG BROOD!
Bestandele:
​
-
2 Piesangs (Kan meer gebruik)
-
2 eiers
-
¼ tl sout
-
2 koppies meel
-
½ tl suiker
-
½ tl bakpoeier
-
½ tl koeksoda
-
½ koppie kookolie
Metode:
​
Voorverhit die oond op 180ËšC.
Sny die piesang in skywe, gooi saam al die nat bestandele in ‘n blender of jy kan dit handklits.
Meng die droë bestandele saam, gooi die twee mengsels bymekaar en roer deeglik.
Plaas die deeg in ‘n broodpan of soos ons in ‘n oondbak en bak vir 40-60min in die oond.


Roomyskoek
Storie: Storie: Le Roux se Ouma Miemie het van kleintyd af altyd ‘n vir hom ‘n rooyskoek gemaak vir sy verjaarsdag. Die resep het hom laat dink aan dieselfde tipe koek, ons het net ‘n Kinkel in die resep gesit om dit uniek te maak.
Bestandele:
​
-
125g suiker
-
100ml water
-
5 eier geele
-
100g gerasperde sjokolade
-
300ml room
-
1 suurlemoen se sap (opsioneel)
-
Fyngedrukte Koekies vir ‘n kors (opsioneel)
​
Wenk!! Jy kan bestandele soos peanut butter, kakao ens by die mengsel voeg volgens jou keuse.
​
Instruksies:
​
Verhit die suiker en water om ‘n stroop te vorm. Klits die eier geele goed, meng saam die warm stroop en hou aan klits tot dit afkoel. Die mengsel sal roomerig raak.
Klits die room tot dit styf is, voeg suurlemoensap by.
Voeg die room, eiermengsel en gerasperde sjokolade saam.
Plaas die mengsel in ‘n oondbak/koekpan, bedek dit en vries oornag.


Fluffy scones
Storie: Scones met room, kaas en konfyt is nog altyd een van my en my Ouma se gunsteling koffie date etetjies. Ek het dus lang gesoek vir ‘n lekker fluffy scone resep. Hier is hy nou.
​
Bestandele:
-
½ koppie melk
-
2 koppies meel
-
½ tl sout
-
4 tl bakpoeier
-
1/3 koppie olie
-
2 eiers
-
3 tl suiker
Metode:
Voorverhit die oond op 180ËšC.
Klits die melk, eiers en suiker saam. Sif die droë bestandele en voeg by die eier mengsel. Klits goed.
Skep die mengsel in ‘n muffin pannetjie.
Bak vir 15 to 20min.

Sweet potato muffins
Storie: Die is een van daardie Pinterest resepies wat ons uit probeer het. Le Roux wou niks daarvan weet toe ek noem dis soet patat muffins nie, maar mens proe dit nie. Dit maak net die muffin lekker moist.
Bestandele:
1 koppie fyngedrukte soetpatats
1 koppie suiker
¼ koppie olie
½ koppie melk
2 eiers
1tl vanilla
1 koppie meel
1 koppie oats
1 tl kaneel
2 tl bakpoeier
Metode:
Voorverhit die oond op 180ËšC.
Klits die soetpatat, suiker, olie, melk, eiers en vanilla. Voeg die oats en meel by en meng goed.
Voeg die kaneel en bakpoeier laaste by en roer deur.
Skep in muffin pannetjie en bak vir 20-25min.

