top of page

bykosse

Korean Carrots

Bestandele:

​

5 Medium wortels, fyn gerasper

1 Russie, fyn gekap

3 Eetlepels wit asyn

1 Eetlepel suiker

1 knippie sout

4 knoffel huisies, ekstra fyn gekap

½  Ui

100ml Olie

1 Teelepel growwe swart peper

​

Metode:

​

Plaas gerasperde wortels, russie,peper, suiker, sout en knoffel in n bak en meng.

 

Voeg asyn by die mengsel en roer goed deur.

 

Braai ½ gekapte ui in olie tot bruin. Gooi die olie (sonder die uie) oor wortel mengsel en meng deur.

 

Laat staan bedek in yskas vir +- 4ure.

Marshmellow Soetpatat gereg

Storie: Die gereg het begin by 'n interessante pinterest prentjie en toe een van ons kersete disse geraak. Dit het ons behoorlik verras en is 'n MOET probeer.

Bestandele:

3 groot patats

2 koppies klein marshmellows

 

Filling:

½ koppie suiker

½ koppie melk

2 groot eiers

¼ koppie botter

1 tl vanilla essence

 

Topping:

¾ koppie Meel

¾ koppie bruin suiker

¾ koppie gewone oats

¼  tl sout

¼ koppie koue botter in blokkies

​

Metode:

Verhit die oond op 180ËšC.

 

Kook soetpatats op die stoof in water tot sag vir +- 10min.

 

Maak die topping terwyl die soetpatats kook. Gooi meel, bruin suiker, oats n sout bymekaar. Gooi botter blokkies in en vryf die botter met vingers tot krummelrig.

 

Dreineer die soetpatats en mash dit. Gooi filling bestandele by die soetpatats en meng goed.

 

Gooi die soetpatat mengsel onder in n oondbak met topping oor gestrooi. Bak in oond tot topping bruin is, ongeveer 40min.

 

Pak marshmellows op die gereg tot dit bedek is en sit die gereg weer in die oond tot doe marshmellows gemelt is.

Gemarineerde Mushrooms

Storie: Diè dis het ons by van ons vriende wat van Ukraine af kom aangeleer. Ons albei is lief vir mushrooms en die resep maak dit lekker maklik om vinnig die botteltjie uit die kas te haal vir 'n proeseltjie. (Dis nou as ons dit nie op een slag opeet nie)

Bestandele:

½ koppie wit asyn

2 teelepels sout

1 teelepel suiker

3 knoffelhuisies, fyn gekap

½ teelepel growwe peper

1 redpepper, grof gekap

½ koppie olie

2 koppies water

900g mushrooms van keuse

​

Metode:

Voeg al die bestadele behalwe olie, water en mushrooms in n pan.

Verhit die mengsel en laat staan vir 2min. 

Voeg water en olie by en laat kook vir 5min.

 

Sny die mushrooms in die helfte of kwarte en kook in die marinade vir 5min.

 

Laat die mengsel afkoel,  gooi in glas houer en stoor in die yskas vir minstens 1 dag.

Ma susan se soetpatats

Storie: 'n Maklike, lekker en sakpas gereg wat ons altyd aan die Baard huis laat dink. Niemand se soetpatats wen Ma Susan sin nie.

Bestandele:

  • 3 Soetpatats

  • 1 koppie Wit of bruin suiker

  • 50ml Water 

 

Instruksies:

Skil die patats en sny in skywe. Sit dit in ‘n pot, strooi ‘n koppie suiker oor en gooi die water by.

 

Kook op lae hitte tot die patats sag is, wees versigtig dat dit nie oor kook nie. Die water en suiker sal hul eie stroop vorm.

Ma yvonne se mielie souffle

Storie: Die dis laat my (Suané) altyd dink aan iets wat my Ma vinnig moes maak voor 'n braai wat my Pa gereël het en vergeet het om vir haar te sê. Dit is lekker, maklik en kan nie flop nie.

Bestandele:

2 blikkies suiker mielies

1 koppie melk

3 eiers

1tl bakpoeier

2 eetlepels mazeina (4 eetlepels koekmeel)

1 eetlepel gesmelte botter

1 koppie suiker

​

Instruksies:

Verhit die oond op 180ËšC

Klits die eieres.

 

Voeg ander bestandele by behalwe bakpoeier en meng.

 

Voeg bakpoeier by en meng.

 

Bak vir +- 30min tot ligbruin en styf.

Groenboontjie en aartappel mash

Storie: Diè is een van daardie disse wat so maklik is maar, as jy dit proe, voel dit asof dit moeilik moes wees. Maklike manier om jou gaste te wow en groente in te kry wat nie soos groente proe nie.

Bestandele:

​

  • 200g Groenboontjies

  • 2 Aartappels in blokkies gesny

  • 1 ui fyn gekap

  • 1 eetlepel botter

  • Sout en peper na smaak

 

Instruksies:

​

Sny die boontjies in min of meer 1 cm stukkies. Gooi in pot bedek met water en kook tot amper sag.

Gooi die aartappels en ui by die boontjies en kook tot die aartappels sag is. Wag tot die water wegkook.

Gooi botter by en mash alles saam. Gooi sout en peper oor volgens smaak.

Soet caramel brood

Storie: Diè was ook een van ons universiteits bekende disse, dit proe soos pudding maar net so lekker saam 'n vleisie. Ons kry ongelukkig nie suurdeeg hier nie, so ons het ons eie gemaak. Kom ons kry hoe.

Bestandele:

​

3 koppies self raising flour

1 en ½ koppie plain joghurt

​

Instruksies:

​

Meng die bestandele saam en woala… Suurdeeg!

Bestandele:

​

  • ½ koppie caramel suiker (Ons het bruinsuiker gebruik)

  • 250ml room

  • 1 pak Suurdeeg

Die hoeveelhede kan aangepas word by die hoeveelheid gaste.

 

Instruksies:

​

Voorverhit die oond op 180ËšC.

Bedek die bodum van ‘n oondbak met ¾ van die suiker. Rol deeg in balletjies en plaas bo-op die suiker.

As die bak vol is, gooi die room bo-oor. Strooi die oorblywende suiker oor.

 

Bak in die oond vir 40-60min teen 180ËšC.

Tamatiesous noodle slaai

Storie: Die noodle slaai is een van ons gunsteling slaaie, Le Roux hou nie van enige slaai nie (Hy is mos nie 'n bok nie), hy is dus mal oor die een. 

PS: hy is die lekkerste as hy so bietjie gestaan het.

Bestandele:

​

  • ¾ pakkie skroef noodles gekook

  • 1 groot ui gerasper

  • 2 Green/Yellow/Red pepper opgesny in klein blokkies

  • 375ml Tamatiesous

  • 125ml Asyn

  • 125ml suiker

  • 1 eetlepel Kerrie

  • Sout en peper na smaak

 

Metode:

​

Kook die noodles tot sag. Meng al die ander bestandele appart.

 

Dreineer die noodles en gooi die sous oor. Laat staan oornag vir die sous om lekker in te trek.

Pampoenkoekies

Storie: Pampoenkoekies is een van my gunsteling kook kos disse. Ek het altyd gedink dis moeilik om te maak, tot my skoonsussie vir my die resep gestuur het.

Bestandele:

​

  • 500ml gaar pampoen

  • 120g (250ml) koekmeel

  • 10ml bakpoeier

  • 2ml sout

  • 1 eier geklits

  • Kookolie

Sous:

  • 15g botter of margarine

  • 300g (375ml) suiker

  • 200ml melk

  • 15ml mielieblom

  • 175ml koue water

 

Metode:

​

Maak pampoen goed fyn en voeg meel, bakpoeier, sout en eier by. Meng goed.

Skep teelepels vol in warm kookolie, druk effens plat en bak aan beide kante tot goudbruin en gaar.

Verhit die botter, suiker en melk tot kookpunt. Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by melkmengsel. Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies.

Room spinasie

Bestandele:

​

  • 600g spinasie, gekap

  • 2 medium grote uie, gekap

  • Olie

  • 250ml melk

  • 50ml botter/margarine

  • 50ml koekmeel

  • 250ml kaas

  • 3 knoffelhuisies

  • Swartpeper

 

Metode:

​

Kook spinasie vir so 5min tot dit sag is maar nie te pap nie. Dreineer dit.

Braai die uie in botter tot bruin, voeg dan die knoffel by. Braai vir so 1min en voeg dan die melk by.

Voeg die koekmeel by en roer goed. Voeg spinasie en kaas by die mengsel en meng deeglik oor lae hitte. Dokter dit met sout en peper na smaak.

  • Black Pinterest Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Twitter Icon
  • Black Instagram Icon

© 2023 by The Art of Food. Proudly created with Wix.com

bottom of page