top of page

Hoofgeregte

Bobotie

Storie: 

Ek (Suane) beskou bobotie as 'n dis wat my aan die huis laat dink, dit is een van my gunsteling winter disse. Le Roux was nie so mal oor bobotie nie, maar die resep het hom verras en hy beskou dit nou ook as een van sy gunstelinge.

Bestandele

 

1 sny wit brood

375ml melk

25ml olie

10ml botter

2 uie, gesny

2 knoffelhuisies, fyn gekap

25ml kerriepoeier

10ml sout

25ml chutney

15ml appelkooskonfyt

15ml woestersous

5ml turmeric

25ml bruin asyn

1kg beef mince

3 eiers

​

​

Instruksies

​

Voorverhit die oond op 180ËšC

Soak brood/oats in 75ml melk.

Verhit olie en botter in n groot pan en braai uie en knoffel tot uie sag is.

Voeg kerriepoeier/kerrieblokkie, sout, chutney/aarbeikonfyt, konfyt, woestersous/soy sous, turmeric en asyn by en meng goed.

Mash brood/oats in melk, voeg die brood/melk mengsel en mince by die pan bestandele.

Braai oor lae hitte totdat die maalvleis nie meer pienk is nie. Verwyder die mengsel van die stoof af en gooi een geklitste eier by, roer goed.

Plaas die maalvleis mengsel in n oondbak.

Klits die oorblywende eiers, melk en turmeric in n bak en gooi versigtig oor die maalvleis in die oodbak.

​

Bak vir 60 min op 180ËšC en bedien saam rys.

Ons het die volgende vervang:

  • Kerriepoeier met Chinese kerrieblokkies

  • Chutney en appelkooskonfyt met aarbeikonfyt

  • Woestersous met soy sous

  • Asyn met Kwepie soet Sushi asyn

  • Brood met oats (Brood in China word meer as ‘n soet ding gebruik)

  • Botter met olie

Chicken pie

Storie: Die chicken pie was oorspronklik 'n dis wat Le Roux vir ons op universiteit gemaak het. Die resep was dus bietjie makliker in Suid-Afrika as hier in China, kom ons kyk watter bestandele moes ons vervang.

Bestandele:

 

1 kg hoender

250g mushrooms

250ml room

1 houer chives dip/ cream cheese

1 rol skilfer deeg

​

Metode:

​

Verhit die oond op 180ËšC.

 

Kook hoender fyn.

Sny mushrooms volgens keuse en braai in pan.

 

Voeg room en peper by mushrooms na smaak en kook tot die sous effens dikkerig is.

 

Gooi mushroom sous by hoender en voeg cream cheese/dip by. Dokter die mengsel met sout en peper volgens smaak.

 

Op n plat oppervlak bedek met bietjie meel, rol skilferdeeg uit en plaas helfte onder in n oondbak.

 

Gooi hoendermengsel oor die deeg en bedek dit dan met ander helfte van die skilferdeeg.

 

Bak die pie vir 40-60min op 180ËšC.

Groente sop

Storie: Toe ons aanvanklik begin hoor het van die virus wat op ons is, het ons begin stres oor die hoeveelheid vars produkte in die winkels en of dit gaan op raak. Ons almal weet hoeveel mense in China is... Ons het toe gedink om sop te kook wat ons kon vries en 'n hele paar maaltye van kon kry.

Bestandele:

Rasper die volgende

  • 2 wortels

  • 2 medium patats

  • 2 medium aartappels

  • 1 ui

 

1 koppie boontjies

500g ontbeende bees kookvleis

1 blokkie beef stock

1 pakkie oxtail/ bruinuie soppoeier

​

Metode:

Kook vleis, ui, boontjies en stock blokkie in stoompot vir 1 uur in water.

 

Voeg groente, sout en peper by na smaak en kook in stoompot vir 1 na 1 en half uur.

 

Meng ½ pakkie soppoeier by en water tot dit die regte dikte is.

Beer battered hoender

PS: Die resep kan lekker met vis ook werk.

Bestandele:

​

  • 1 koppie meel

  • 1kg hoender in strips gesny

  • 250ml bier

  • 1 geklitste eier

  • Sout en peper na smaak

  • Olie, genoeg om hoender in  te deep fry

 

Metode:

​

Meng al die bestandele bymekaar in ‘n mengbak. Doop hoender in die mengsel en deep fry in die olie tot die deeg uit pof en dokerder van kleur word.

Maak seker dat die hoender gaar is met eerste probeerslag en gaan voort.

Maklike herderspastei

Bestandele:

​

  • 2 medium aartappels

  • 50ml melk

  • 500g maalvleis

  • 1 ui, in skywe gesny

  • Groente volgens smaak, ons het gevriesde mielies en ertjies gebruik +- 1 koppie

  • 3 eetlepels tamatiesous

  • 2 eetlepels soy sous/ woestersous

  • 15ml olie

  • Sout en peper na smaak

 

Instruksies:

​

Voorverhit die oond op 180ËšC.

​

Skil die aartappels en sny in blokkies, kook dit in die mikrogolf of op stoof tot sag.

Terwyl die aartappels sag kook, plaas die ui in ‘n pan met olie in en braai tot bruin.

Voeg die maalvleis by, braai tot bruin en gooi die sout en peper by na smaak. Gooi dan die groente, tamatiesous en soy sous by en draai die plaat op ‘n lae hitte(water kan bygevoeg word as dit vas brand).

Laat staan/kook die maalvleis tot die groente sag is en meeste van die sous weggekook is.

Dreineer die aartappels, gooi melk by en mash dit lekker fyn.

Skep die maalvleis in ‘n oondbak met die mash bo-op dit.

Plaas in die oond vir ongeveer 15min of tot die aartappels bruin en bietjie hard is bo.

Tuisgemaakte hamburger patties

Storie: Ongelukkig het China nie klaar gemaakte patties wat ons kan koop nie, en ook nie ‘n lekker plek vir ‘n date night hamburger nie. So ons moes improvise.

Bestandele:

​

  • 500g maalvleis

  • 1 sny brood

  • 100ml melk

  • 1 eier

  • 30g oats

  • 5ml sout

  • 5ml peper

  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

  • 50ml olie

​

Instruksies:

​

Soak die brood in melk tot sag. Gooi al die bestandele behalwe die olie bymekaar en meng deeglik met hande.

Verdeel die mengsel in 6-8 gelyke balletjies. Druk die balletjies plat in ‘n pattie vorm.

Gooi die olie in ‘n pan en braai die patties tot gaar.

  • Black Pinterest Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Twitter Icon
  • Black Instagram Icon

© 2023 by The Art of Food. Proudly created with Wix.com

bottom of page